Twee leerlinge aan die Laerskool Trio in Kroonstad, het uitstekend gevaar tydens die Suid-Afrikaanse Dansonderwysersvereniging (Sadta) se nasionale danskampioenskappe.
Elné Mostert en Christie Snyders, twee gr. 6-leeringe aan Trio, het oor die naweek van 23 November aan die danskampioenskappe wat in Boksburg plaasgevind het, deelgeneem en die dansvloer was aan die brand.
Gedurende die naweek het Elné eerste plek in die R&R Couples-dansafdeling asook in die Disco-duo ope afdeling behaal. In die Freestyle- en Disco-dansafdelings het sy ’n algehele tweede plek in haar kategorie behaal.
Christie het eerste plek in die Slow dance- en Disco-duo-dansafdelings behaal, tweede plek in Disco en vierde plek in die Freestyle-afdeling.





