Met die oorgang na die nuwe reënseisoen het hewige hael- en donderstorms op 21 Oktober oor groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat gewoed. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein voorspel vir die komende week minimum temperature van 9 °C tot 13 °C vir dié streke, met maksimum temperature wat van 20 °C tot 28 °C sal wissel. Reënval kan plek-plek voorkom. Hier is die 14 maande oue Michelle Nel – ’n regte plaasnooi in murg en been – by die beeste op haar familieplaas Sans Souci, buite Kroonstad. Sy is die jongste kind van Len en Anchen Nel. Ma Anchen sê klein Michelle is baie lief vir die plaaslewe.Foto: Verskaf


Boer sommer van kleins af

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article