Twee leerlinge aan die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem het op 12 Februarie aan die Laerskool Fichardtpark se Prestige-atletiekbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Altesaam 1 214 atlete van oor die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes heen het meegeding. Andries Rautenbach (links) is as die beste atleet in diskusgooi aangewys, en Carla Britz as die beste meisiesatleet. Carla het die beste baanprestasie behaal en is boonop as die beste middelafstand- en stapatleet aangewys. Foto: Verskaf


Blink uit op baan en veld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article