Vrystaters het die afgelope naweek, soos talle mense in groot dele van die land, bibberkoue ervaar. Inwoners van die Oos-Vrystaat en omgewing is verras toe sneeuneerslae sedert Vrydag 20 September die omgewing in ’n sprokieswêreld verander het. Die sneeu het egter ook chaos vir motoriste in verskeie dele van Suid-Afrika veroorsaak, byvoorbeeld toe vakansiegangers wat Vrydag na KwaZulu-Natal op pad was, weens die sneeu ure lank op die N3 in hul motors vasgekeer was. “In Harrismith en omgewing het die sneeu sowat 15 mm dik gelê, terwyl Golden Gate en Clarens ook toe was onder ’n wit kombers, en in Bethlehem het ons ysreën gehad,” sê Marilou Cover van Bethlehem. Die Schilling-gesin van Kroonstad het by Golden Gate in die Oos-Vrystaat gaan sneeu kyk. “Die kinders het Donderdag nog geswem, en Saterdag was die wêreld om ons spierwit,” sê FC Schilling. Van links is Elri, Jacomien en Chris Schilling, wat Saterdag heerlik in die sneeu baljaar het. foto: FC Schilling


Bibber in die Oos-Vrystaatse sprokieswêreld

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article