Leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het in Desember en Januarie aan verskeie swemkompetisies deelgeneem. In die Splash Festival-kompetisie, wat in Desember by die Knysna-meer aangebied is, het Ébet Bester (gr. 11) die 3 km in 57:01:20 voltooi. In dieselfde maand het Cherná Fouché (gr. 11) haar slag in die Vrystaatse swemkampioenskap gewys deur die 200 m-vryslag in 2:50.56 en die 400 m-vryslag in 6:06.51 te voltooi. Oor die naweek van 15 Januarie het twee leerlinge aan die Baynesfielddam-oopwaterswem­kompetisie deelgeneem. Kennith Outram (gr. 10) het die 3 km in 58:00:56 voltooi, en Carmi Dowling (gr. 9) dieselfde afstand in 1:06:32. Van links is Ébet, Carmi, Cherná en Kennith.Foto’s: Verskaf


Beïndruk met bedrewendheid

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article