Reën wat die afgelope tyd oor groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat uitgesak het, het verligting gebring te midde van die bloedige hitte wat daarmee gepaard gegaan het. Die Suid-Afrikaanse weerdienste in Bloemfontein voorspel vir die streek in die komende week minimum temperature tussen 14 °C en 19 °C, met maksimum temperature wat sal wissel van 25 °C tot 33 °C. Nog reën word ook vir die streek voorspel. Die indrukwekkende foto van ’n sonsopkoms is verlede week op die plaas Kristalkop, in die Kroonstad-distrik, geneem.Foto: Nerine Leonard


Begroet die dag met winkende sonstrale

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article