Kroonstad is Sondag (12/06) as die Vrystaat se finalis in die kykNET-joernaalprogram Kwêla se Dorp van die jaar-kompetisie vir 2022 aangekondig. Dit beteken dat dié dorp nou teen nege finaliste landswyd en van Namibië om die titel meeding. Verteenwoordigers van die organisasie Ignite and Revive Kroonstad, wat ?’n groot dryfveer in die opknapping en herstel van Kroonstad is, sê dat hulle ’n storie van hoop met die hele Suid-Afrika wil deel. Sakeondernemings, plaaslike regering en die gemeenskap het hande gevat om die dorp in sy volle glorie te herstel. Die stemproses vir die kompetisie sal van 17 tot 22 Julie plaasvind. Vir meer inligting hieroor volg Kwêla en berigte in die media. Een van die bekendste bakens in Kroonstad is die Wawielbrug (foto) oor die Valsrivier, wat deur die dorp kronkel.Foto: Madli Grobbelaar


Aangewys as nasionale finalis in Dorp van die jaar-kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article