’n Bekende en geliefde onderwyser aan die Hoërskool Witteberg, André Pottas, het ná 36 jaar en etlike maande in die onderwys die tuig neergelê. Die 61-jarige Pottas het die beroep einde Mei vaarwel toegeroep en gaan nou heeltyds boer. “My klaskamer was my verhoog en die kinders my gehoor, en my gehore het my elke dag na nuwe hoogtes gedwing. Ek tree af met wonderlike herin­neringe, en ek is dankbaar vir my vol loopbaan – dit was net genade,” sê Pottas. Kollegas en vriende sê hulle sal sy besonderse taal­vernuf, kwinkslae en lojale karakter onthou. “Ons koester mooi herinneringe van mnr. Pottas as onderwyser, departementshoof, kollega en vriend van Witteberg,” sê Hannes Oosthuizen, hoof. “Hy sal ons altyd bybly.”Foto: Verskaf


Lê die tuig ná 36 j. neer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article