Die jaarlikse gholfdag ten bate van die Bethlehem DBV is op 9 Augustus deur Railway Liquorland in Clarens aangebied. Altesaam 105 Oos-Vrystaatse spelers het die dag ondersteun, en ’n veiling is ook gehou. “Ons is opreg dankbaar vir elkeen, en veral ons borge, wat die dag ten bate van die DBV moontlik gemaak het. Ons het ’n stewige bedrag ingesamel,” sê Marius Dreyer, voorsitter van die Bethlehem DBV. Van links is Mariana Hintze, Martin Dreyer, JC Fourie (hokbestuurder), Marelize Naude, Noah Krige, Ineke Lourens, Marius Dreyer en Danie en Leana Lourens, met klein Christiaan Lourens in haar arms.Foto: Verskaf


Bly oor hartlik ondersteunde gholfdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article