Feesgangers skuif reg om deur verskeie groot name in die musiekbedryf vermaak te word. Die KIA Makietie en die eerste Ignite and Revive-fees, wat van 21 tot 23 Oktober in Kroonstad aangebied is, het baie voete getrek – ongeag die vier seisoene in ’n dag wat feesgangers beleef het. “Die atmosfeer is heerlik, en ons kuier sommer almal net lekker saam. Ons is baie opgewonde om te hoor dat Kroonstad jaarliks hierdie fees gaan aanbied,” sê Juanita Steyn ’n feesganger. Saterdagaand (22/10) kon gehore vertonings deur Danny Smoke, Kurt Darren, Refentse en Reën geniet.Foto: Fouché Grobbelaar


Verlustig hulle in Kroonstad se feesgees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article