Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is ná die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen (NSS) vir 2022 aangewys as een van die 14 topskole in die land wat betref fisiese wetenskap en is die enigste skool in die Vrystaat op die lys.
Die skool kon nie as die beste in die Vrystaat kwalifiseer nie omdat hy nie 50 leerlinge gehad het wat die eksamen in dié vak afgelê het nie.
Witteberg het sy dank uitgespreek teenoor Selbie Swart, onderwyser in fisiese wetenskap, vir haar toegewydheid.





