Die seisoen het amptelik ?’n draai gemaak en herfs is hier. “Die gemiddelde maksimum temperatuur vir die volgende week oor die Noord- en Oos-Vrystaat sal matig tot koel wees, met minimum temperature wat nie onder 0 °C sal daal nie. Geïsoleerde reënval kan in die week oor dié dele van die Vrystaat voorkom,” sê Rejoyce Mohlamme van die Suid-Afrikaanse weerkantoor in Bloemfontein. Die foto is langs die Valsrivier in Kroonstad geneem, waar die bome se groen blare stelselmatig in warm herfskleure verander. Foto: Madli Grobbelaar


Kleur nuwe seisoen elke dag al hoe meer in

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article