Die Koppies-tak van die Vrouelandbou-unie (VLU) het op 24 Oktober ’n konsert vir inwoners van die Emily Hobhouse-tehuis vir bejaardes gehou. Hier dans Ursula Mitras (links) en Keilee Boden op die gewilde liedjie Mamma Mia van die popgroep Abba.Foto: Verskaf


Inwoners van die Emily Hobhouse-tehuis vir bejaardes in Koppies is deur die lede van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Koppies-tak bederf.

Op 24 Oktober het lede van dié VLU-tak ’n prettige konsert met heerlike eetgoed vir die tehuis se inwoners aangebied.

Ongeveer 30 bejaardes het die spesiale oggend bygewoon.

Kerilee Boden van die VLU het die gedig Kabouterliefde van Ingrid Jonker voorgedra, waarna sy en Ursula Mitras gaste met die opvoer van ’n danspassie op die liedjie Mamma Mia van die immergewilde Sweedse popgroep uit die sewentigerjare, Abba, vermaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article