Twee lede van die Kroonstad-rolbalklub, die pa en dogter Louis en Luané du Plessis, het goed gevaar op die Noord-Vrystaat-rolbalkampioenskaps­byeenkoms wat op 18 Februarie in Bethlehem beslis is. Saam het hulle met hul spel ’n silwermedalje in die afdeling vir gemengde pare verwerf. Die 18-jarige Luané was voor die behaling van dié prestasie boonop een van slegs 14 spelers wat gekies is om op 9 en 10 Februarie aan die Suid-Afrikaanse junior meesters-rolbalkampioenskaps­byeenkoms in Johannesburg deel te neem.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Saam ’n gedugte rolbalspan

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article