Tielman de Villiers is op Saterdag 6 April is as die pampoenkampioen gekroon. foto: Verskaf


Die pampoenkampioen van die derde Reuse-pampoenfees wat op 6 April in Vrede aangebied was, is Tielman de Villiers van Vrede. De Villiers se pampoen het die skaal op 291 kg laat kreun. “Dit is die tweede jaar wat ek aan die kompetisie deelneem en verlede jaar het die pampoen wat ek ingeskyf het 249 kg geweeg. Ek hoop om volgende jaar die grootste pampoen nóg in te skryf,” sê De Villiers.

Hy het vanjaar vyf pampoene ingeskryf en sy tweede swaarste pampoen het 278 kg geweeg. De Villiers sê hy sal volgende jaar weer inskryf. Die pampoene word gewoonlik in September geplant en einde Maart of vroeg in April geoes.

Die enorme pampoene word gewoonlik aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.

Die geleentheid se organiseerders is reeds besig om die volgende fees te beplan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article