“Dit was vir my ’n eer en ’n groot voorreg om as kaptein van die eerstespan gekies te word en om leiding te neem.”

Arnold sê vir hom gaan dit om sy beste vir sy skool en span te gee, al glip daar soms foute deur. Dit is hulle missie om elke dag te groei as span en te strewe na hul skool se leuse: “Non sibi sed patriae!”

’n Hoogtepunt vir die rugbyspan was vir seker toe hulle die Hoërskool Helpmekaar tydens die Noord-Suid-rugby­toernooi gewen het. Hulle was ook bevoorreg om kragte te meet teen die St. John’s College, Hoërskool Nelspruit en Noordheuwel, wat sterk mededingers is.

Hy glo ’n goeie leier het karakter, staan vas, byt vas, hou vas en gaan lê nooit nie – al is die uitdagings hoe moeilik.

“Lei deur voorbeeld, glo, hoop en oorwin!”

“Ons is geëerd om in ons matriekjaar op ons tuisveld, Patriae Park, in die derby te kan meeding.”

Hy sê goeie leiding op die veld en om nederig te bly is wat hy graag aan sy span wil oordra. Dan natuurlik om die skool en oud-eerstespanlede wat die derby bywoon trots te maak met uitstekende spel en die Trekkers se naam hoog te hou.

“Die swart truie is immers deel van ons DNA.”

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article