Die Noord- en Oos-Vrystaat beleef steeds ’n heerlike warm herfs. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) in Bloemfontein voorspel minimum temperature in die streek vir die volgende week wat wissel tussen 6 °C tot 10 °C, met maksimum temperature tussen 22 °C tot 27 °C. Dié sonsondergang is deur Willie van Jaarsveld van Senekal op Sondag 5 Mei geneem. Die sonondergang met ’n stofstreep wat ’n motor op die grondpad laat is vanaf die Hoërskool Paul Erasmus se seunskoshuis geneem. Foto: Willie van Jaarsveld


Doop die aandlug in gloeiende skakerings van herfs

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article