OM Metale in Kroonstad vier vanjaar 40 jaar in die skrootmetaalbedryf. Die onderneming word deur Jacque Engels (mede-eienaar) en Esmari Viljoen bestuur. Foto: verskaf


OM Metale in Kroonstad vier vanjaar sy 40ste bestaansjaar in die skrootmetaalbedryf.

Op 1 Junie sal die onderneming dié groot mylpaal vier. Die bestuur skryf die sukses toe aan al die lojale en getroue kliënte wat hulle in die afgelope 40 jaar opgebou en ondersteun het.

Albert Kolver het op 1 Junie 1984, toe sy paaie met ’n vennoot s’n skei, OM Metale in Kroonstad gestig.

Die onderneming word deur Jacque Engels (mede-eienaar) en Esmari Viljoen, skoondogter van die voormalige eienaar en stigter, bestuur. Engels is sedert 1999 by die onderneming betrokke en Kolver het in 2018 amptelik afgetree.

OM Metale se werksaamhede het intussen so uitgebrei dat hulle enige afval of skrootmateriaal nie net in Kroonstad en omgewing kan oplaai nie, maar kan ook skrootmateriaal van kliënte in ander areas of selfs provinsies oplaai.

“Ons glo aan puik gehalte kliëntediens en skroom nie om die ekstra myl te loop om kliënte te help waar ons kan nie. Daarom het ons die nodige toerusting aangeskaf om skrootmateriaal by kliënte op te laai om die proses vir almal te vergemaklik teen ’n baie billike tarief,” sê Engels.

Enige iemand wat meer inligting wil bekom of hulp benodig, kan die volgende nommers skakel: 056-213-2177, 082-413-1123, of stuur ’n e-pos aan metals@ommetale.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article