’n Winter-Kersfeesskouspel wag op Kroonstad, met onder meer twee groot name in die Afrikaanse musiekbedryf op die program. Benewens Coenie de Villiers en André Swartz sal die Trio Accapella-groep en Kingdom Kids van die Kroonstad-selgemeente optree.

Die geleentheid op Saterdag 20 Julie begin om 18:30 by die NG Moedergemeente in Kroonstad.

Dit beoog om met die Winter-Kersfeestema – met ’n yslike Kersboom buite dié kerk, waar komberse, warm klere, kos en ander noodsaaklikhede vir behoeftiges neergesit kan word – almal in die Kersfees-luim te plaas. Kos- en koffiestalletjies sal bedryf word.

Die hoofdoelwit is om geld in te samel om behoeftige kinders met die koste van hul matriekafskeidgeselligheid by te staan en om die ouetehuis-projek af te handel.

Kaartjies is teen R120 by die Koffie Winkel en by Marlene Vorster van die Selgemeente beskikbaar. Kinders kry gratis toegang.

Om besprekings te doen of meer inligting te kry, bel Lienkie Jonker by 083-554-5700 of Nerine Leonard by 082-783-0081.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article