Henry VIII, ’n waterverfskildery van kunstenaar Abri Bosman is aan die begin van Julie as ’n afdelingwenner in Watercolor Arts Southern Africa (Wasa) se kompetisie gekroon.Foto’s: Verskaf


’n Oos-Vrystaatse kunstenaar wat sy werk vir die kompetisie van Watercolor Arts Southern Africa (Wasa) ingeskryf het, het die prys in die raaiselbeoordelaar-afdeling gewen.

Abri Bosman (56) van Fouriesburg sê hy het drie skilderye aangebied om mee te ding in die kompetisie, waarvoor die inskrywings op 1 Julie gesluit het.

Die wenners is op Sondag 7 Julie bekendgemaak, en Bosman het só die titel van Mystery Judge-wenner verwerf.

Bosman, oorspronklik van Welkom, het sy professionele beroep as tandarts vir die rustiger pas van ’n kunstenaarslewe in die Oos-Vrystaat verruil.

Ná sy aanvanklike verhuising na Bethlehem het hy ook twee jaar lank in die ongerepte natuur van Mangochi in Malawi gaan woon om sy kunsskepping vrye teuels te gee.

Bosman is ’n veelsydige kunstenaar wat sy passie vir kuns deur die gebruik van verskeie mediums uitleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article