Ruiters van die Bethlehem-uithouritklub is deur die Uithouritvereniging van Suid-Afrika (Erasa) vereer vir hul prestasies met deelname in die 2023-’24-uithouritseisoen.
Marjulyn Myburgh het die eerbewyse ontvang vir senior ruiter van die jaar en ruiter wat die meester-afstand voltooi het (2 011,5 km); Anné Nel is as die junior ruiter van die jaar aangewys; Monique de Jager het die eerbewys vir ruiter van die jaar ontvang; en Makayla de Jager se perd, El-Chitan Khamilaha, is vereer as perd wat die langste afstand (1 049,6 km) afgelê het.





