Jayden Maritz (18) het op die Vrystaat-swemkampioenskapsbyeenkoms die 100 m-borsslag in 1:00:24 voltooi en vir die nasionale junior kampioenskap gekwalifiseer. Hier is hy saam met Tina Nel (afrigter).


Op vanjaar se Vrystaat-swemkampioenskapsbyeenkoms wat van Woensdag 4 Desember tot Sondag by die Stadion-swembad in Bloemfontein plaasgevind het, het die Bethseals-swemklub van Bethlehem se lede goed presteer. Dié swemmers het altesaam agt medaljes huis toe gebring.

Van die Bethseal-swemklublede het ook gekwalifiseer om op vlak 2 en vlak 3 deel te neem.

Een van die uitblinker­swemmers van die klub is Jayden Maritz (18), wat die 100 m-borsslag in ’n tyd van 1:00:24 voltooi het.

Hy kwalifiseer vir deelname aan die nasionale junior swemkampioenskap.

Die Bethseals-swemmers word deur Tina Nel afgerig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article