Trio-leerder kielie die klawers meesterlik om Unisa-ererol te haal

Hendrik Rautenbach van Trio Primêr in Kroonstad, wat uitblink in klavierspel.
Hendrik Rautenbach, ‘n gr.7-leerder aan Trio Primêr in Kroonstad, het sy Unisa-musiek-eksamen (graad 3) met lof geslaag. Foto: Verskaf

‘n Musiekleerder van Kroonstad het sy Unisa-klaviereksamen vir graad 3 met lof geslaag (90%), en sy naam is op die Unisa-ererol vir uitblinkers geplaas.

Hendrik Rautenbach, ‘n gr.7-leerder aan Trio Primêr in Kroonstad, het dié prestasie op 13 September behaal. 

Dié jongman het ook op die Kroonstad-eisteddfod, wat op 21 Augustus plaasgevind het, ses van die mees uitmuntende simbole, A++, vir sy klavierspel verwerf. Hy is boonop in drie afsonderlike afdelings as die kategorie-wenner op die eisteddfod aangewys.

“Hendrik se droom is om homself as ‘n volwaardige, uitnemende pianis te kwalifiseer,” sê Irma Geldenhuys, sy musiekonderwyser van Kroonstad.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article