Drie leerlinge aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem het uitstekend gevaar in die Language and Heritage Festival wat dié week plaasgevind het.
Vanjaar is die fees ‘n agtste jaar in Bloemfontein aangebied.
Lesedi Mohale en Omolemo Lebuso van Witteberg het boekresensies gelewer in die afdeling vir gr.8- en gr.9-leerlinge wat meeding in Afrikaans eerste addisionele taal. Albei het in hul eerste ronde uitgeblink en na die eindronde deurgedring. Omolemo was eindelik tweede en Lesedi derde.
Jemma Shepherd het ‘n voorbereide toespraak gelewer in die afdeling vir gr.10- en gr.11-leerlinge wat meeding in Afrikaans eerste additionele taal. In die eerste ronde hiervan moes deelnemers ‘n voorbereide toespaak lewer, waarna hulle vyf minute gegee is om ‘n onvoorbereide toespraak saam te stel. Shepard het na die volgende ronde deurgedring. In dié ronde moes die deelnemers aan die einde van die eerste dag ‘n nuwe toepraak skryf, wat hulle op die tweede dag moes lewer. Shepherd was eindelik algeheel tweede in die Vrystaat.





