Jaarlikse gholfdag bied steun vir Bethlehem DBV se werksaamhede

Op Vrydag 8 Augustus is die jaarlikse Railway Liquorland gholfdag ten bate van fondsinsameling vir die Dierebeskermingvereniging (DBV) in Bethlehem, by die Clarens gholfbaan aangebied. Van links is Marius Dreyer (voorsitter van die DBV) Micheal Rossouw en Johnty Pawson gholfspelers wat die dag ondersteun het en elk ‘n lekker prys gewen het. Foto:Verskaf
Van links is Marius Dreyer (voorsitter: Bethlehem DBV) Micheal Rossouw en Johnty Pawson. Foto: Verskaf

Die jaarlikse gholfdag ten bate van die Dierebeskermingvereniging (DBV) in Bethlehem is deur Railway Liquorland op Vrydag 8 Augustus in Clarens aangebied. 

Die gholfdag is in 2020 ten bate van die DBV in Bethlehem begin.

“Omdat die DBV geen hulp van die staat of plaaslike regering ontvang nie, was dit vir ons noodsaaklik om deurmiddel van ‘n geldinsameling die organisasie te help. Ons het gesien hoe die DBV veral in 2020 baie swaargekry het en daarom het ons besluit om betrokke te raak,” sê Martin Dreyer, een van die eienaars van Railway Liquorland in Bethlehem.

Die DBV is afhanklik van donasies om hul daaglikse werksaamhede volhoubaar te maak.

Vanjaar het gholfspelers weer van oor die Oos-Vrystaat heen die gholfdag ondersteun. Soos elke jaar was daar talle pryse op die spel en ná spel kon almal heerlik saam kuier.

“Elke jaar is ons opreg dankbaar vir die mense wat die gholfdag ondersteun. Dit gee weer ‘n finansiële hupstoot sodat ons die  deure van die DBV kan oophou, ” sê Marius Dreyer, voorsitter van die DBV in Bethlehem.

Op Vrydag 8 Augustus is die jaarlikse Railway Liquorland se gholfdag ten bate van die Dierebeskermingvereniging (DBV) in Bethlehem, by die Clarens-gholfbaan aangebied. Van links is Marius Dreyer (voorsitter: Bethlehem DBV) Micheal Rossouw en Johnty Pawson, gholfspelers wat die dag ondersteun het en wie elk ‘n prys gewen het. Foto: Verskaf

Geld wat ingesamel is sal help om met die DBV se branstofkostes en om die veearstrekening te vereffen. Hulle sal ook elektrisiteit en dierekos kan aankoop. Marius moedig mense aan om by die DBV betrokke te raak en wil almal bedank vir hul ondersteuning aan die organisasie wat ‘n belangrike werk in die gemeenskap verrig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article