Goudveld Hoërskool Netbalspanne presteer by Vrystaat-uitspele.
Die Gouties se netbalspanne het die Vrystaat-uitspele netbal met vasbyt en sportmangees aangepak en ’n trotse 4de plek algeheel behaal.
Die Vrystaat-uitspele Netbal:
o-14 span
- Wen 17–13 teen St. Anne’s
- Verloor 10–15 teen Voortrekker
- Verloor 9–18 teen Oranje Meisies
o-16-span
- Verloor 9–14 teen Welkom Gimnasium
- Wen 19–7 teen Wilgerivier
- Verloor 13–27 teen Witteberg
- Verloor 8–23 teen Fichardtpark
o-17-span
- Wen 14–12 teen Teto
- Wen 16–9 teen Voortrekker
- Verloor 11–16 teen JF
- Halfeindstryd: Verloor teen Oranje Meisies
- Uitspeelwedstryd vir 3de/4de plek: Verloor teen Sentraal
Die O/17-span se vasbyt en deursettingsvermoë het hulle tot in die halfeindstryd geneem, en uiteindelik verseker dat Goudveld 4de in die Vrystaat eindig – ’n prestasie wat die hele skoolgemeenskap met trots vervul.
Gouties wens elke speler en afrigter geluk met die prestasies! Julle harde werk, toewyding en span-gees het Goudveld se naam met waardigheid en trots verteenwoordig.






