Die jaarlikse Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is om die draai en skole kan nie wag vir die begin van die nuwe sportseisoen nie.

Hierdie reeks is veel meer as net ‘n stel wedstryde. Sportgeleenthede soos die Wesgrow-reeks speel ‘n belangrike rol in die holistiese ontwikkeling van jongmense.

Vanjaar begin die reeks Saterdag 14 Maart wanneer Goudveld teen Jim Fouché, Witteberg teen Sentraal, Trio teen Diamantveld en Voortrekker teen Fichardtpark kragte meet.

Die reeks bied aan leerders die geleentheid om hul talente op die sportveld uit te leef, nuwe vriendskappe te smee en waardevolle lewensvaardighede te leer.

Die reeks bied aan die sentrale skole die geleentheid om op hokkie, netbal en rugby teen mekaar deel te neem en die hoofdoel van die reeks is om massadeelname te bevorder.

Die reeks het in 2018 begin.

In 2020 en 2021 het dié reeks egter weens die Covid-19-pandemie nie plaasgevind nie.

LEES OOK: MEER OOR WESGROW Die deelnemende skole is Bethlehem Voortrekker, die Hoërskool Witteberg, Hoërskool Trio, Hoërskool Sentraal, Hoërskool Fichardtpark, Hoërskool Jim Fouché, Goudveld Hoërskool en die Hoërskool Diamantveld.

Hoërskool Sentraal was in 2025 die algehele wenner asook die netbalwenners gewees met Bethlehem Voortrekker en Jim Fouché onderskeidelik die wenners van meisies- en seunshokkie.

Hoërskool Diamantveld was die rugbykampioene gewees.

“Sterkte aan elke skool met die nuwe seisoen en ek glo dat elke wedstryd met passie, respek en trots vir sy of haar skool gekenmerk sal word.

Wie gaan hierdie jaar met die louere wegstap? Ons glo daar gaan baie strawwe mededinging wees op die veld,” sê Francois de Kock, direkteur van mediaskakeling.

LEES MEER: WESGROW is hier

“So ‘n sportreeks kan nie plaasvind sonder borge nie en groot dank aan ons borge naamlik: Wesgrow, VKB, Skilltracer, en Kovsies vir die volgehoue ondersteuning en belegging in skolesport.

“Ons wil dankie sê vir Novus Media, wat die mediaborg is, vir hulle blootstelling aan ons skole.

“Dit dra by tot die groei en ontwikkeling van ons jeug en skep waardevolle geleenthede en blootstelling”.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article