Goudveld Hoërskool en die Hoërskool Sentraal het op Donderdag 19 Maart vir die eerste keer in vanjaar se Wesgrow Interskole kragte teen mekaaar gemeet.
Die opwindende hokkiewedstryde het reeds vroeg gewys die sportaksie is van ‘n hoogstaande gehalte.
Een van die hoogtepunte was die o.16A-meisiespan van die Hoërskool Sentraal, wat ‘n indrukwekkende 8–0 oorwinning oor hul eweknieë van Goudveld behaal het. Dit was ‘n hoëtempo-wedstryd waarin Sentraal van die eerste oomblik af beheer geneem het. Reeds in die eerste kwart het die span hul intensiteit gewys deur drie doele aan te teken en ‘n stewige voorsprong te neem.
Anel Fourie het uitgeblink met drie doele, terwyl Dete Jansen en Chelsey Flanigan ook met hul spel beïndruk het. Emma Nel se uitsonderlike werktempo het verder bygedra tot die span se oorheersing op die veld. Die span word afgerig deur Danielle Labuschagne, wat vanjaar haar eerste jaar as afrigter aanpak. Onder haar leiding toon die span reeds uitstekende same-
werking en vasberadenheid.

Die Interskole het Vrydag 20 Maart voortgeduur met hokkie-, rugby- en netbalwedstryde. Altesaam 11 wedstryde is gespeel, waarvan Hoërskool Sentraal 10 gewen het – ‘n duidelike bewys van hul sterk vertonings oor die verskillende sportsoorte. Die enigste terugslag was vir die o.16A-span, wat teen Goudveld vasgeval het.
Ongelukkig het gure weer ook ‘n invloed op die program gehad. Die eerstespan-netbalwedstryd kon nie plaasvind nie en sal op ‘n latere stadium ingehaal word. Die eerstespan-rugbywedstryd is ook uitgestel tot verdere kennisgewing weens die gure weer.
Ten spyte van die onderbrekings bly die Interskole tussen Sentraal en Goudveld veel meer as net ‘n kompetisie. Dit is ‘n ge-
leentheid waar vriend-skappe gebou word en sportmanskap gevier word – iets wat elke jaar as ‘n besondere voorreg ervaar word.






You must be logged in to post a comment.