Rumë Burger stel rekords op die atletiekbaan op.
Rumé Burger het Saterdag op die Simbine Classic Shootout ‘n rekord verbeter. Foto: Verskaf

BLOEMFONTEIN – Kort ná die aankondiging dat Rumé Burger vir die volgende drie jaar deur Nike geborg word, het sy die naweek nóg ‘n Suid-Afrikaanse rekord verbeter.

Rumé, wat Saterdag haar 18de verjaardag gevier het, het Vrydag die tyd vir die 150m vir senior vroue op die Simbine Classic Shootout in Pretoria verbeter. Sy het die vorige rekord (17.41) verbeter tot ‘n skitterende 16.95.

Dié gr. 12-leerling van die Hoër Meisieskool Oranje, fokus vanjaar op die Wêreld o.20-kampioenskap in Eugene, Oregon wat in Augustus in Amerika plaasvind.

Lees die volledige berig oor Nike se borgskap van hierdie Bloemfonteinse atleet hier.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article