Tien gimnaste van die Riebeeckstad-gimnastiekklub het vir die Best of the Best-kompetisie, wat in Augustus plaasvind, gekwalifiseer. Daar kan hulle kwalifiseer om deel te neem aan die nasionale kampioenskapsbyeenkoms wat in Oktober by die Matsport-sentrum in Eldoraigne, Centurion, sal plaasvind. Van links is, voor: Aiden Theron (vlak 1), Liam Norton (vlak 1) en Eben de Klerk (vlak 1); agter: Evan Kruger (vlak 2), Lee-Andri Welgemoed (hulpafrigter), Hugo de Klerk (vlak 3), Christiné Deas (hoofafrigter), Ben de Klerk (vlak 3). Afwesig: Gerhardus Oosthuizen (vlak 3) en Nicholis Ferreira (hulpafrigter). Foto: Verskaf
Puik in gimnastiek
|
Share this post:


