Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 21 Augustus uitgestel
Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 2 November uitgestel. FOTO: Marti Will

Ouetehuis-mishandelingssaak weer uitgestel tot November

Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 21 Augustus uitgestel
Die veelbesproke hofsaak wat sal handel oor die beweerde aanranding van ‘n 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is tot 2 November uitgestel. FOTO: Marti Will

WELKOM – Die saak teen Lynette Brummer en haar vyf medebeskuldigdes in die kontroversiële Welkom-ouetehuis-aanrandingsaak is weereens uitgestel, die keer voorlopig tot 2 November vir konsultasie.

Die ondersoek word as afgehandel beskou, en die inhoud van die dossier sal vandag, 30 September aan die prokureurs oorhandig word.

‘n Groot rede vir die uitstel was die afwesigheid van beskuldigde nommer ses, Elsie Moloi. Sy is na bewering in die hospitaal. Waar sy haar bevind moet nou vasgestel word. Haar sieknota sal by die hof ingedien word en ‘n lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik. Dít sal, soos in die geval van beskuldigde nommer twee Anna Fourie wat in Augustus siek was, teruggehou word tot haar volgende verskyning op 2 November.

Streeklanddros Ludidi het bevestig dat al ses beskuldigdes se bestaande borgvoorwaardes onveranderd bly en streng nagekom moet word.

Die saak sleep reeds langer as een jaar in die howe nadat die ses persone in Julie 2025 in hegtenis geneem is. Ingeligte regsbronne is van mening dat hierdie ‘n vertragingstaktiek is om die verhoor eers in 2027 te laat begin. Die Welkom-hof sluit 11 Desember en maak eers weer in middel-Januarie 2027 oop.

Saak sleep al jaar

Die beskuldigdes is Lynette Brummer (64), Anna Fourie (73), Nomsa Ngcongwane (56), Prudence Majorobella (35), Mofolo Ntswaki (30) en Puseleletso Mola (33).

Hulle staan tereg op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, ontvoering en oortredings van die Wet op Ouer Persone (Wet 13 van 2006).

Die staat beweer die beskuldigdes het die bejaarde Bettie Payne (81) fisies en geestelik mishandel terwyl sy in ‘n ouetehuis in Welkom se deel vir verswaktes gewoon het.

Tydens ‘n vorige hofverskyning het die hof gesê dat die aanklagte uiters ernstig is en, indien skuldig bevind, swaar gevangenisstrawwe opgelê kan word.

Volgens getuienis wat vroeër in die verrigtinge aangebied is, het Brummer die slagoffer na bewering aangerand. Daar is ook verwys na ‘n stemboodskap waarin sy glo teenoor die slagoffer se dogter erken het dat sy die bejaarde vrou geklap het.

Video-opnames toon beweerde mishandeling

Die saak het landwyd aandag getrek nadat video-opnames uit die slagoffer se kamer in 2025 aan die lig gekom het. Die beeldmateriaal en foto’s toon na bewering verbale, geestelike en fisiese mishandeling, insluitend dat die vrou met kleefband vasgebind is. Foto’s wat as deel van die ondersoek bekend geword het, toon glo kneusplekke, krapmerke en beserings aan haar hande, gesig en lippe.

Brummer is vroeër op borgtog van R5 000 vrygelaat, terwyl die ander vyf beskuldigdes elk borgtog van R1 000 ontvang het.

Haar borgvoorwaardes verbied haar onder meer om die ouetehuis te besoek, met getuies of die slagoffer kontak te maak, of binne ‘n radius van 100 meter van die ouetehuis te kom.

LEES OOK: Saak van beweerde mishandeling van bejaarde vorder stadig

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article