Ses leerders aan die Primêre Skool Naudeville is in Lejweleputswa-krieketspanne ingesluit.
Enrico du Preez en Reghardt Prinsloo is vir die o.11B-seunspan gekies. Dean Louw verteenwoordig die skool in die o.12A-span, terwyl Milan du Plessis in die o.13A-span is.
Drie meisies is vir o.13-spanne gekies.
Amohelang Kolobi en Johanné Odendaal is by die A-span ingesluit, terwyl Lumé van Aardt in die B-span sal speel.




