Xavier Erwee (2), seun van Rohan en Bianca Erwee van Welkom, is sekerlik een van Vistase jongste, maar beslis getroue, lesers. Vistase kantoor verskuif na ’n nuwe kantoor in The Strip, Welkom. Winkel 6 (bo Ocean Basket) is al 15 jaar die koerant se tuiste, maar nou sal Winkel 31 nog beter pas. Met ’n nuwe fasade en meer professionele omgewing om in lesers se behoeftes te voorsien, sal Vista betroubaar en beskikbaar vir sy lesers bly. Die koerant se span sal voortgaan om ’n produk te lewer wat nie maklik deur ander media in die streek vervang kan word nie. Foto: Verskaf


Vista kry nuwe tuiste

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Vista E-Edition 6 March 2026
    Vista E Edition

Gift this article