Die matriek-eindeksamens kan vir enige leerder wat die laaste fase van sy skoolloopbaan nader, intimiderend wees. Vista het matrikulante genader vir hul kommentaar en gevoelens oor hierdie uitdagende eksamens.

The matric finals can be daunting to any learner approaching the last pase of their school career. Vista approached matrics for their comments and feelings on these tough exams.

Donovan Dettmar
Donovan Dettmar

Donovan Dettmar, Matriekulant van die Hoërskool Wessel Maree: Die eindeksamen is tot dusver ‘n baie groot uitdaging en ‘n toets van my deursettingsvermoë. Sommige vraestelle het goed gegaan en my met ‘n bietjie gemoedsrus gelaat, maar ander was baie moeilik en het baie tyd en dink werk gevra. Dit is soms moeilik om gefokus te bly na so baie weke van harde werk, maar ek probeer om nie moed op te gee nie. Ek gee elke dag my beste en hoop dat al die laatnag studeer en opofferings uiteindelik goeie punte sal oplewer. Ek vat dit net een dag op ‘n slag en bly fokus op my volgende doelwitte.

Veonita Coetzer
Veonita Coetzer

Veonita Coetzer, Matriekulant van die Hoërskool Wessel Maree: As ’n matriekleerder is my ervaring van die eindeksamens tot dusver ’n mengsel van verskillende emosies. Daar is sekere vraestelle waaroor ek regtig goed en positief voel, terwyl ander my ’n bietjie minder selfversekerd laat voel. Die eksamen is soms uitdagend, en die druk kan nogal oorweldigend wees, maar ek probeer positief bly en my beste in elke vraestel gee. Ek dink elke leerder ervaar die eindeksamens op ’n ander manier, en vir my is dit ’n proses waarin ek leer om in myself te glo, aan te hou probeer en elke vraestel een op ’n slag aan te pak. Ek sien uit na wat die res van die eindeksamen inhou en hoop om die res daarvan met dieselfde deursettingsvermoë en positiewe gesindheid aan te pak. My raad aan ander matrieks: Doen jou beste, want jou beste is reeds goed genoeg. Moenie jouself te veel met ander vergelyk of toelaat dat een moeilike vraestel jou moed breek nie. Gee alles wat jy het, vertrou op jouself en onthou: doen jou bes en God sal die res doen.

Naledi Mpongwana
Naledi Mpongwana

Naledi Mpongwana, Matriculant of the Wessel Maree High School: Matric exams so far? Let me be honest with you, it’s been hard like waking up tired, sleeping late, brain is full but still empty type of hard, some papers make you feel like you know nothing and you walk out and just want to cry, but we work harder, we don’t give up, we pray, we study, we fail a question and still go back to the book because we didn’t come this far to come this far, we are tired but we are almost there.

JC Godfrey
JC Godfrey

JC Godfrey, Matriekulant van die Hoërskool Wessel Maree: Die eindeksamen is vir my ’n groot en belangrike ervaring, want dit is die afsluiting van my hoërskoolloopbaan en die begin van ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Ek ervaar verskillende emosies, soos stres, opgewondenheid en soms onsekerheid, maar ek weet dat ek my beste moet gee. Daar is baie druk om goed te presteer, omdat hierdie uitslae ’n belangrike rol in my toekoms kan speel. Ek dink ook terug aan al die herinneringe, vriende en ervarings wat ek gedurende my skooljare gemaak het. Al is die eksamen uitdagend, motiveer dit my om hard te werk, in myself te glo en nie moed op te gee nie. Ek hoop om my skoolloopbaan met trots af te sluit en my ouers, onderwysers en myself trots te maak.

LEES OOK: Jonges pak jaarlikse uitdaging vir uithouers aan

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article