Joline Delport, projekbestuurder van die Vrystaat Versorging in Aksie (VVA), groet die organisasie ná 33 jaar as maatskaplike werker.
Delport se hart het nog altyd ge-klop vir haar gemeenskap, en toe sy by die VVA oor die Vrystaat heen as maatskaplike werker diens gedoen het, kon die gemeenskap sien dit was haar roeping.
Volgens die administratiewe beampte van die VVA in Welkom, Joanita van Niekerk, het die VVA-kantoor in Welkom in die afgelope finansiële jaar ‘n groter verskil gemaak met Delport wat die gemeenskap projekte bestuur het.
“Duisende mense is bereik, stories is gelees vir babas en kleuters, skole het kappetjies geplant, gedigte is geskryf en ‘n gesprek is gevoer vir 16 dae van aktivisme.
Joline het ook poppekasvertonings geskryf, en het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad oor Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid (Sanra), Gesins- en Huweliksvereniging van Suid-Afrika (Famsa) en VVA praatjies gelewer by skole.
“Joline het ook poppekasvertonings geskryf, en het saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad oor Alkoholisme en Dwelmafhanklikheid (Sanra), Gesins- en Huweliksvereniging van Suid-Afrika (Famsa) en VVA praatjies gelewer by skole.
“Sy het saam met die polisie klinieke besoek,” sê Van Niekerk.
Sy sê dit is ooglopend hoe geliefd Delport geliefd was in haar gemeenskap.
“Sy was ‘n juweel vir hierdie tak en ons gaan haar onsaglik mis,” sê van Niekerk.

Delport het in 1993 begin as maatskaplike werker en kantoorhoof by VVA.
In 1996 en 2023 was sy maat-skaplike werker van die jaar. Delport het die Zenzele skool vir gestemdes in Allanidge opgerig. Sy het ook die Christelike Afhanklikheiddiens begin.
Delport was betrokke by OFM se Covid-poppekas wat sy geskryf het en dit was ook deur Engo Kinder- en Jeugsorgsentrum (CYCC) in Bloemfontein gebruik vir ‘n opvoering. Deur haar invloed is vakansieprogramme vir kinders in Vrede aangebied.
Sy het afgetree as VVA se maat-skaplike werker in 2023, maar sy het steeds die projekte bestuur vir die Goudveld. Delport het in 2006 verhuis na Welkom, en is ‘n lidmaat van die NG Kerk. Sy het haar laaste projek saam met Sanca op 5 Maart gedoen.





You must be logged in to post a comment.