Die R60-pad tussen Robertson en Ashton naby die Arabella-wynplaas is weer oopgestel ná ‘n noodlottige ongeluk vroegoggend die lewens van vier mense geëis het.
Die Langeberg-munisipaliteit het motoriste vroeër gevra om alternatiewe roetes deur Bonnievale en Montagu tussen die twee dorpe te gebruik, terwyl die ongelukstoneel opgeruim word. Die insittendes wat in die voertuie vasgekeer was is deur nooddienste verwyder en die voertuie wat betrokke was is van die padoppervlak gehaal sodat die verkeer weer normaalweg kan vloei.
Volgens die munisipaliteit was agt mense in die ongeluk betrokke wat ongeveer om 05:00 vanoggend plaasgevind het. Twee motors het teen mekaar gebots en drie volwasse mans en ‘n vrou is oorlede. Drie vroue is hospitaal toe geneem met ernstige beserings en nog ‘n man het ligte beserings opgedoen. Teen 10:00 is die pad weer oopgestel.
LEES OOK: Three killed, 14 injured in N2 crash near Heidelberg
Die munisipaliteit het inwoners gemaan om veilig te bestuur en waaksaam te wees op die pad.
Konst. Ndakhe Gwala, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat ‘n saak van strafbare manslag ondersoek word. Die polisie het aangedui dat daar drie sterftes was in die botsing waarin twee Toyota-voertuie betrokke was. Verdere inligting oor die identiteit van die insittendes is nog nie bekend nie.
Drie mense is Dinsdag dood in ‘n gru-ongeluk op die N2 naby Heidelberg (Wes-Kaap) dood in ‘n kop-aan-kop botsing.
En by Middelburg, Mpumalanga, het vier mense Maandag gesterf en agt ander is beseer in ‘n nege-voertuig-botsing op die R555, nadat ‘n vragmotor wat ‘n massiewe staalrol vervoer het onklaar geraak het. Die swaar staalrol het losgekom en teen aankomende verkeer gebots.
LEES OOK: Four killed in nine-vehicle pile-up on R555 near Middelburg






