Nicolene Elizabeth Gouvias, 51, has been re-arrested by the Hawks last week.
Drie buitelandse burgers wat van menshandel aangekla is, bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 2 November in die Kaapstadse landdroshof.

Verdagtes in menshandelsaak bly in aanhouding tot 2 November 

Nicolene Elizabeth Gouvias, 51, has been re-arrested by the Hawks last week.
Drie buitelandse burgers wat van menshandel aangekla is, bly in aanhouding tot hul borgaansoek op 2 November in die Kaapstadse landdroshof.

Drie buitelandse burgers wat van menshandel aangekla is, sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op Maandag 2 November vir ‘n borgtogaansoek.

Jasmine Maureen Robert (29), Ogechukwu Maduagu (35) en Kabira Ologunro (25) het gister (28 Oktober) weer in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

Hulle staar ‘n klag van mensehandel in die gesig nadat hulle na bewering ‘n 22-jarige Nigeriese vrou ontvoer het. Die slagoffer het ontsnap en by die Woodstock-polisiestasie om hulp gaan soek.

Volgens lt. kol. Siyabulela Vukubi, die Wes-Kaapse woordvoerder van die Valke, het die slagoffer, wat ook van Nigerië afkomstig is, Robert in April op TikTok ontmoet toe Robert na ‘n haarkapper gesoek het.

Die slagoffer het na bewering ingestem, waarna Robert haar reisdokumente, paspoort en vlugkaartjies na Kaapstad gereël en betaal het.

Vukubi het gesê die slagoffer is by haar aankoms in Kaapstad deur Robert opgetel en na ‘n hotel geneem. Robert het na bewering probeer om die slagoffer in prostitusie te dwing, maar sy het geweier.

Op Sondag 13 September het die vrou daarin geslaag om te ontsnap en na die Woodstock-polisiestasie toe gehardloop. Robert is op dieselfde dag in hegtenis geneem toe sy na dié stasie gegaan het om die slagoffer as ‘n vermiste persoon aan te meld.

Maduagu en Ologunro is op Dinsdag 29 September deur die Valke in hegtenis geneem. Altwee het op Woensdag 30 September vir die eerste keer in die hof verskyn.

LEES OOK: Two foreign nationals appear in Cape Town court on human trafficking charges

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article