Dadelballetjies is heerlik vir ’n kosblik of as die kinders lus is vir lekkers. Beslis gesonder en sal jou tot etenstyd vol hou.
Dadelballetjies is heerlik vir ’n kosblik of as die kinders lus is vir lekkers. Beslis gesonder en sal jou tot etenstyd vol hou.

Dadelballetjies is ’n Suid-Afrikaanse gunsteling en dis boonop maklik om te maak. Probeer dié resep uit Rooi Rose se kombuis.

Maak ongeveer 36 balletjies

Bestanddele

  • 250 g (½ pak) botter of margarien
  • 125 ml (½ k) bruinsuiker
  • 1 ml sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 500 g dadels, grofgekap
  • 1 eier, geklits
  • 100 g (½ pakkie) Mariekoekies, fyngedruk
  • 90 ml (6 e) klapper
  • 500 ml (2 k) Rice Krispies
  • Om in te rol: 250 ml (1 k) klapper

Metode

  1. Voeg botter/margarien en suiker saam in kastrol en roer tot gesmelt is.
  2. Roer sout, vanieljegeursel en dadels by. Roer aanhoudend totdat dadelsmengsel gladder is.
  3. Roer geklitste eier by en roer vir een minuut op warm stoofplaat.
  4. Verwyder kastrol van hitte en gooi gebreekte koekies, klapper en Rice Krispies by. Roer tot gemeng. Laat dadelmengsel vir tien minute afkoel.
  5. Skep teelepels vol dadelmengsel en rol dit in balletjies.
  6. Om in te rol: Gooi klapper in bakkie en rol balletjies daarin tot dit goed met klapper bedek is.
  7. Plaas in yskas in lugdigte bak.

Wenke:

  • Hierdie is heerlik vir ’n kosblik of as die kinders lus is vir lekkers. Beslis gesonder en sal jou tot etenstyd vol hou.
  • Die resep is maklik om te verdubbel. Bêre die ekstra in die vrieskas tot later.
  • Gebruik ’n bak om die dadelballetjies sommer in blokkies te maak as jy nie genoeg tyd het nie. Sprinkel die helfte van die klapper onder in die bak. Skep die dadelmengsel bo-op en sprinkel die oorblywende klapper bo-op. Druk die klapper vas. Laat in die yskas afkoel en sny in blokkies.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article