KARIEGA – Sondag, 1 Februarie was ‘n besonders spesiale dag vir die Lyons-familie toe vier geslagte saam was vir baba Luandré Lyons (drie maande) se inseëning.

Pappa Lee-André Lyons (22), oupa Lionel Lyons (42), oupa-groot Deon Lyons (65) en die kleintjie het met trots saam by die AGS Lofoord oorkant Willowdam op Kariega gestaan.

Luandré is op 10 November 2025 op 34 weke gebore. Hoewel dokters verwag het dat hy weke in die neonatale intensiewe sorgeenheid sou deurbring, is hy en sy mamma, Chloé Potgieter, na slegs drie dae ontslaan.

Pappa Lee-André Lyons (22), oupa Lionel Lyons (42), oupa-groot Deon Lyons (65) en baba Luandré Lyons (drie maande). Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article