REGS: Pen2Paper is reg om met vriendelike diens, skryfbehoeftes aan hul klante in die Despatch en Uitenhage omgewings te verkoop. Hier is (van) links Danielle Meyer, Kaylin Koekemoer en Shireen Killian. Foto:VERSKAF

NOEM ’n skryfbehoefte en jy sal dit kry by Pen2Paper, ’n nuwe een-stop skryfbehoeftewinkel wat môre sy deure by Bothastraat 76A op Despatch oopmaak.

’n Behoefte vir só ’n bekostigbare, familie-gesentreerde skryfbehoefte winkel vir die Despatch en Uitenhage omgewing is geïdentifiseer omdat daar ’n groot vraag na skryfbehoeftes is vir die gebruik in skole, universiteit en selfs vir plaaslike besighede.

Met Pen2Paper op Despatch, het die publiek nou nie meer nodig om Baai toe te ry, omdat daar beter pryse of ’n groter verskeidenheid is nie. Deur plaaslike besighede te ondersteun kan kleiner dorpies floreer.

Pen2Paper bied bekostigbare produkte en verskillende reekse wat elke sak en behoefte pas én vriendelike diens. Indien hulle nie het waarna ’n klant soek nie, sal hulle uit hul pad gaan om dit so spoedig moontlik te kry.

Van die gewilde items wat nou hier by Pen2Paper beskikbaar is, sluit in Pastel & Metallic highlighters, Poster Paint Sticks, Afrikaanse kaartjies en mooi geskenksakkies.

Van hul dienste sluit in: kopiëring, skandering, e-posse, drukwerk, bindwerk en vele ander.

Tydens môre se amptelike opening sal die gewilde plaaslike radiostasie, Luister!FM, op die perseel wees en vanaf 09:00 tot 12:00 uitsaai. Daar sal ook gelukkige trekkings wees vir diegene wat R200 of meer spandeer. Die eerste 50 klante wat R50 of meer spandeer sal elk ’n pen kry.

  • Vir meer inligting sien advertensie hieronder.

– HEILIE COMBRINCK

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article