DIE Christos Dunamai Sangers, ’n plaaslike gospelgroep, hou eerskomende Saterdag oudisies vir aspirant sangers wat by die groep wil aansluit.
Die groep bestaan uit manssangers en diegene wat belangstel om die oudisies, wat om 15:00 begin, by te woon, moet in die Nelson Mandelabaai-area woonagtig wees.
Voorsangers en tenore word spesifiek aangemoedig om die oudisies by te woon.
Die Christos Dunamai Sangers beplan om ’n nuwe CD oor Paasnaweek in die Wes-Kaap bekend te stel. Dié toer sal die dorpe Vredenburg en Piketberg besoek, asook Grassy Park (Kaapstad).
- Vir meer inligting oor die oudisies bel 076 573 8292 of 084 323 7723.



