<Vir die eerste keer op Despatch gaan ’n skouspel van plaaslike Oos-Kaapse sangers onder die sterre optree. Dié Skouspel is deel van die Despatch Opskop wat môre-aand afskop met WXE stoei. Hier is die groep sangers wat gaan optree.Foto:LIZAAN VOS

Skouspel van plaaslike sangers én stoeiers op Despatch

<Vir die eerste keer op Despatch gaan ’n skouspel van plaaslike Oos-Kaapse sangers onder die sterre optree. Dié Skouspel is deel van die Despatch Opskop wat môre-aand afskop met WXE stoei. Hier is die groep sangers wat gaan optree.Foto:LIZAAN VOS


DIE Despatch Opskopfees word eerskomende naweek gehou en skop af met stoei môre-aand en sluit op ’n hoë noot af wanneer 15 Oos-Kaapse sangers Saterdagaand aan ’n opelug skouspel gaan deelneem.

Die fees word gehou om fondse in te samel vir Huis Najaar, ’n tehuis op Despatch vir senior burgers.

Radiopersoonlikheid Gerrit de Jager is een van die sangers wat aan die Skouspel gaan deelneem, maar gaan eers Vrydagaand sy man staan in WXE Rise of Champions-stoei. Hy het dié uitdaging aanvaar as deel van sy veldtog teen boelies.

“Kry ek seer is dit fine. Vir my gaan dit nie oor wen of verloor nie, maar om elke keer op te staan,” sê De Jager.

“Al kan ek met hierdie veldtog net een kind wat geboelie word help, sal ek baie gelukkig wees.”

Saterdag om 09:00 maak die hekke oop vir ’n dag van feestelikhede met verskeie uitstallers, kosstalletjies, musiek, regstreekse uitsending van Luister!FM en pret vir die jongspan. Deur die loop van die dag gaan verskeie plaaslike kunstenaars optree soos Savanna, Ben, Despatchers Orkes, Elize Stoltz, Twakkies du Toit, Elrize, Elsabe, Karina, Rian Strydom en die gewilde Breëstraat rockers.

By Saterdagaand se Skouspel sing Michael Fouché, Ru-Ané, Wiehann, André van der Bank, Heino, Tiffany Frost, Karina, Gerrit de Jager, Jacques Saaiman, Wanda, Chezane, Jaydon, Chantelle Bosch, Charmaine en Boeta.

Kaartjies vir die stoei is R30-R50 en toegang vir Saterdag is R30 vir volwassenes en R10 per kind en gratis vir kinders onder 10 jaar.

Die Despatch Opskop Fees word op die Despatch Rugbyklub se sportvelde gehou. Die XWE Rise of Champions stoei begin môre om 19:00 en Saterdag se Opskop Skouspel begin om 18:00.

  • Vir meer inligting bel Karina Pattinson by 071 323 3503 of Belinda 061 001 7128.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article