Vyf grypdiewe se turf sit nadat hulle hulself vasgeloop teen die Stad Kaapstad se nuutse misdaadbestrydingstegnologie, hommeltuie, vasgeloop het.
Gesamentlike operasie
Die Stad se wetstoepassingsbeamptes, die metropolisie en die polisie se ondersoekers het in ‘n gesamentlike operasie die verdagtes gevang, wat daarvan verdink word dat hulle by verskillende gryp-aanvalle in die Elsiesrivier omgewing betrokke is.
Kringtelevisie en intelligensie is gebruik om die verdagtes te identifiseer, terwyl die Stad se hommeltuigspan hul “oë” op die verdagtes gehou. Een verdagte wat gevlug het is deur die hommeltuie opgespoor en die span het deurlopend inligting aan beamptes wat hom nagesit het deurgegee. Ná ‘n jaagtog van bykans 20 minute is die verdagte in hegtenis geneem.
JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê ná weke se voorvalle is data en kringtelevisie-beeldmateriaal ontleed en verdagtes geprofileer en geïdentifiseer. “Die polisie het die operasie begin en het saam met die Stad se wetstoepassers lasbriewe gekry. Vroeër in Maart het ek met belanghebbendes vergader om die uitdagings te bespreek. Dit was ná die tweede patrollie wat ek met senior bestuur gepraat het, want ek het nie gevoel daar was enige vooruitgang nie. Ek wil die polisie en die ander wetstoepassers bedank met die vooruitgang en hierdie inhegtenisnemings,” sê Smith.
ALSO READ: Wilde jaagtog deur strate van Kaapse woonbuurt lei tot inhegtenisnemings
‘




