Die Goodwood-polisie waarsku dat dié gebied tans ‘n toename ervaar in voorvalle van diefstal vanuit motorvoertuie.
Kol. Shawn van Wyk, stasiebevelvoerder, sê artikels in voertuie, hul wieldoppe en wiele self word geteiken.
“Kosbare artikels moet buite sig geplaas word en voertuie moet saans liefs in die erf of in die motorhuis geparkeer word om sodoende te verhoed dat goed gesteel word.
“Wieldoppe en wiele is nou ‘n groot bron van kommer hier in Goodwood.”
Statistieke
Diefstal vanuit motors het in die drie-maande-periode van die eerste kwartaal van die 2026-’27-boekjaar (April tot Junie) landwyd met 0,1% toegeneem. In 2026 is daar 17998 sulke voorvalle aangemeld, in vergelyking met 17977 die vorige jaar oor dieselfde tydperk.
In Goodwood lyk die prentjie ietwat erger.
In die drie-maande-periode is daar altesame 110 sulke gevalle aangemeld, ‘n toename van 4,8% in vergelyking met verlede jaar oor dieselfde periode toe 105 sulke gevalle aangemeld is.
LEES OOK: Polisie ‘verloor stryd teen misdaad in Kraaifontein’ sê GPF




