Polisie ‘verloor stryd teen misdaad in Kraaifontein’ sê GPF

'n 25-Jarige man is Woensdag in Eikendal geskiet.
‘n 25-Jarige man is Woensdag in Eikendal geskiet.

Polisie ‘verloor stryd teen misdaad in Kraaifontein’ sê GPF


“Kraaifontein is besig om ‘n begraafplaas te word en dit lyk asof die polisie die geveg teen misdaad verloor het.”

Dit volgens Gavin Riddles, waarnemende voorsitter van die Kraaifontein GPF.

“Moord en skietvoorvalle is aan die orde van die dag en word as normal beskou. Verskeie mense het in die afgelope weke en dae hul lewe in Scottsville, Scottsdene en Wallacedene verloor, wat baie hartseer is,” het hy vandag (Vrydag) aan TygerBurger gesê.

Gavin Riddles, waarnemende voorsitter van die Kraaifontein GPF.
Gavin Riddles, waarnemende voorsitter van die Kraaifontein GPF.

Dit volg ná nog ‘n skietvoorval Woensdag in Eikendal waarin ‘n 25-jarige man sy lewe verloor het, soos bevestig deur die Wes-Kaapse polisie-mediakantoor.

Vermoedelik bendegeweld, het die skietery omstreeks 15:30 by Gabriel Court in Ou Paarlpad plaasgevind. Volgens paramedici wat op die toneel was, het die man verskeie skietwonde opgedoen en is hy op die toneel dood verklaar.

LEES OOK: Gun-slinging stranger terrorises Brackenfell motorists in road rage incident

“Die presiese omstandighede en motief van die moord word nog ondersoek, maar daar word geglo dat dit met bendes verband hou,” sê Kobus Kotze, woordvoerder van Titanium Securitas se ambulansdiens.

Genoeg bloed het gevloei

Maandag is ‘n 42-jarige man langs ‘n park in Watsonia Park doodgeskiet. Verbygangers het omstreeks 06:40 op sy lewenlose liggaam in Buitensingel afgekom. Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.

“Bloedbevlekte lyke in die strate en in huise het ‘n daaglikse gesig geword,” sê Riddles. Die dodetal vir die afgelope drie maande in Kraaifontein staan op meer as 50, volgens hom.

“Dis skokkend en ons veroordeel dit. Genoeg word nie gedoen om die golf van geweldsmisdaad te stop of te keer nie. Baie voorvalle het plaasgevind terwyl die weermag en metropolisie in die gebiede was. Genoeg bloed het gevloei. Hoeveel nog?”

LEES OOK: Man shot dead next to Kraaifontein park near school

Die omstandighede rondom albei voorvalle word nog ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article