Die Hoërskool Stellenberg se pawiljoenvertoning se tema was “On Fire” en die dirigente het met hul swart, wit en groen uitrustings die oog gevang. TygerBurger se Nielen de Klerk het met dié skool gesels oor hul voorbereiding vir MTBS 2024.
TEMA: On Fire
PAWILJOEN-AFRIGTE: Milandré Gildenhuys
SEDERT WANNEER IN DIÉ RO: 2007
HULPPERSONEEL/ GEESKOMITE: Adelinde Botha (sy bestuur die sitplekke op die paviljoen en hou haar moederhand oor ons dirigente. Sy is ook deel van die samestelling van die paviljoenvertoning). Lara Terry, is ons geesbemarker, sy bestuur die geesuitrustings, sien om na die welstand van ons dirigente en drommers en is deel van die samestelling van die pawiljoenvertoning. Lee-Anne Westraad is verantwoordelik vir adminsake, welstand van dirigente en tromspelers en help ook met pawiljoenvertoning
DIRIGENTE: Phoenix de Villiers, Nolan Klassen, Vian Krüger (hoof), Mieke Kühn (hoof), Emily Hollings, Lia Johnson, Nicola Scott en Jana Steyn.
Hoe het julle op die tema besluit?
Lara Terry, Stellenberg-onderwyser en oud-Stellie het die tema voorgestel.
Wanneer het julle die flashes van vanjaar begin beplan?
Ons het reeds middel 2023 begin beplan aan 2024 se tema.
Hoe lank oefen die kinders al?
Sedert 23 Januarie 2024
Kan jy skat hoeveel ure die kinders al hieraan spandeer het?
40 plus ure.En die res van die geesspan? BAIE ure.





