TEMA: Quest of the Sandstone
PAWILJOEN-AFRIGTER: Jesse Harmse
SEDERT WANNEER IN DIÉ ROL: 2024
HULPPERSONEEL/GEESKOMITEE: Jarita Kritzinger (hoof-organiseerder), Marguerite du Bois (kreatiewe-span en administrasie), La-Né Hanekom (kreatiewe-span en administrasie) Chantel ter Haar (kreatiewe-span) en Nicole Sakoer (dirigente).
DIRIGENTE: Tass-Lee Hauzamen, Ethan Hendricks, Kiara Joubert, Cleo Maccone, Chelsea Plaatjies, Caminda Kerdemy, Branwin Assegaai en Hope Arendse.
TROMSPELERS: Njabulo Sibozo en Juda Minords
Hoe het julle op die tema besluit?
Ons het verlede jaar ’n PowerPoint-voorlegging saamgestel vir die kinders en gevra dat hulle stem. Dit is belangrik dat die kinders ook van die tema hou. Ons wou nie hê dit moet iets wees wat oud is en hulle nie interesseer nie. Ons het die storie al laas jaar geskryf, die liedjies vir inspirasie gesoek, en toe kom ons op die Indiana Jones-temalied af en ons het so op dié tema besluit.
Wanneer het julle die flashes van vanjaar begin beplan?
Dis ’n lang proses, as jy kyk waar dit begin het. Ons het laas jaar al op die tema begin besluit en aan die flashes begin bou.
Hoe lank oefen die kinders al?
As die skooljaar begin, daardie eerste volle week dan begin ons met die flashes.
Kan jy skat hoeveel ure die kinders al hieraan spandeer het?
Ons begin so drie ure per dag oefen vir die eerste twee weke, dan daardie laaste week oefen ons so vyf ure per dag.
En die res van die geesspan?
Ek het laas jaar gehelp met die administrasie, toe het ons nog ’n onderwyser gehad wat dit reeds agt jaar gedoen het. Vanjaar was ons span se eerste keer alleen, sonder haar. So dit was my eerste jaar op die verhoog, maar ek het ook weer uitgehelp met die administrasie. Jesse Harmse was op die verhoog en het ook die kinders geleer hoe om dit te doen. Daar was altesame 627 kinders wat vanjaar aan die flashes op die pawiljoen deelgeneem het.





