Misdaad | Crime
Mfuleni weer die voorste polisiestasie vir moord.

Mfuleni weer bo met getal moorde in die afgelope kwartaal


Mfuleni-polisiekantoor het sy nommereen-posisie behou as die polisiekantoor waar die meeste moorde aangemeld word.

Daling

Die nasionale misdaadstatistieke is onlangs bekend gemaak en daar is ‘n algehele daling in die getal moorde wat in die land plaasgevind het. Moord het met 5,9% gedaal van 5 770 tot 5427. Al die moorde het egter binne 90 dae plaasgevind.

Wat seksuele oortredings betref, is Mfuleni vierdie in die land, maar eerste in die provinsie. Wat verkragtings betref is Mfuleni eerste in die provinsie, maar vyfde nasionaal. In die tydperk waaroor verslag gedoen is, is 47 mense in die polisiëringsgebied verkrag.

Uiteindelik is Mfuleni onder die top-tien op die meeste lyste wat misdaad betref.

Nog een van die polisiekantore in TygerBurger se verspreidingsgebied is onder die top-tien vir moorde in die land. Delft, waar ‘n sestienjarige meisie Sondag in die Tsunami-nedersetting doodgeskiet is, is vyfde op die nasionale moordlys.

Die polisiewoordvoerder sers. Wesley Twigg sê ‘n moorddossier is deur die Delft-polisie geopen. “Omstreeks 21:30 het die polisie ‘n oproep oor ‘n skietery ontvang. Toe die polisie op die toneel kom, het hulle die meisie met verskeie skietwonde in ‘n informele huis gevind. Sy is op die toneel dood verklaar.

Motief

Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek, maar in hierdie stadium is daar nog geen motief vasgestel nie. Niemand is ook nog in hegtenis geneem nie,” sê Twigg.

Enigiemand met inligting oor die moord moet asseblief Stop Misdaad by 08600 10111 skakel om inligting met die polisie te deel.

LEES OOK: Kaapse inwoners gewaarsku teen booswigte wat hulself as munisipale werkers voordoen

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article