Die leerders van Laerskool Vredekloof het die afgelope paar weke gewys dat harde werk en goeie waardes hand-aan-hand stap. Verskeie leerders het onlangs uitstekende prestasies in sport behaal, terwyl ander weer uitgeblink het deur die skool se waardes daagliks uit te leef.

Catherine Human het op Saterdag, 25 April aan die Eversdal Gimnastiekklub se gimnastiekkompetisie deelgeneem waar sy ‘n eerste plek in haar ouderdomsgroep behaal en ‘n goue medalje gewen het. Catherine dring nou deur na die distrikkampioenskappe wat aan die einde van Mei plaasvind.

Connor Grobbelaar het op Saterdag, 9 Mei aan die Cape Winelands Judospan se span-keuringskompetisie by Boland Landbouskool deelgeneem. Hierdie kompetisie was die finale keuringsgeleentheid vir deelnemers om deel te vorm van die Cape Winelands Judospan wat vanaf 6 ot 12 Julie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe in Gqeberha gaan deelneem. Connor het ‘n goue medalje in sy afdeling gewen en is vir die span gekies.
LEES OOK: Die Klofies spog met `n nuwe leierskapprogram die kwartaal

Emily Daniels het aan die 2026 nasionale skolesport-swemkampioenskappe deelgeneem en is gekies om die Wes-Kaap skolespan in ses items te verteenwoordig. Emily het goue medaljes vir rugslag, vlinderslag en die wisselslag-aflos verower.Die skool spog egter nie net met uitsonderlike sportprestasies nie, maar ook met leerders wat die waardes van die skool daagliks uitleef.
Gedurende April het ons die skool se “waardehelde” die waarde van “eerlikheid” op besondere maniere uitgeleef en só ‘n positiewe verskil gemaak.

“Ons hoop dat hierdie leerders hul balkies met trots sal dra en sal voortgaan om ware waardevegters te wees. Sommige van ons Graad 7-leerders het ook die voorreg gehad om aan die jaarlikse Eversvasvra by Laerskool Eversdal deel te neem. Dit was ‘n prettige aand vol uitdagende algemene kennisvrae en uitstekende spanbou. Ons leerders het ’n uitstekende tweede plek behaal,” sê ‘n skoolwoordvoerder.





