Fern ontmoet die leerders vir die eerste keer. FOTOS: Desirée Rorke
Fern ontmoet die leerders vir die eerste keer. FOTO’S: Desirée Rorke

Brackies se eie gelukbringer kom per helikopter aan


Pret met ‘n hoofletter “P” het Vrydagoggend met groot fanfare op die rugbyveld by die Laerskool Brackenfell in ‘n polisiehelikopter geland.

Ná weke se bespiegeling oor die verrassing wat aan leerders belowe is, was die aap is uit die mou toe die skattige groot Bulhond sy poot vir die eerste keer op Brackie-terrein neer sit.

In sy 120ste bestaansjaar kry die ikoniese skool vir die eerste keer sy eie gelukbringer, die uwe Fern.

Fern groet die leerders vir die eerste keer
Groot opgewondenheid op die rugbyveld

Die skool se meer as 1 000 leerders het met groot afwagting en opgewondenheid op die veld gesit en wag, en met verbasing opgekyk toe die helikopter oor die skool begin draai het. Die atmosfeer was elektries.

Klein hartjies het vinnig geklop toe die skool se rasieleiers opdraf om hom by die helikopter te ontmoet, gevolg deur luide gejuig toe Fern sy verskyning maak op die maat van ‘n liedjie wat spesiaal vir die geleentheid geskryf is. Die kinders het ook ‘n nuwe handeklap-passie geleer op die ritme van ‘n drom wat in die toekoms by sportgeleenthede gebruik sal word.

Fern is die verpersoonliking van pret, optimisme en goeie waardes, sê die skoolhoof, Faffa Coetzee.

Skoolhoof Faffa Coetzee klink 'n glasie saam met Van Zyl Burger van King Cars.
Skoolhoof Faffa Coetzee klink ‘n glasie saam met Van Zyl Burger van King Cars

“Die outjie is groot pret, hy is liefdevol en hy gee om. Hy gaan nie hierdie groot held wees nie, maar eerder iemand wat die waardes van die skool simboliseer. Dis liefde, respek, integriteit, en uitnemendheid. As ons in ‘n bepaalde kwartaal die waarde van respek aan die kinders oordra, sal hy dan ‘n hemp dra wat dié waarde uitbeeld. Hy sal die skool nie net by sportgeleenthede verteenwoordig nie, maar alle skoolgeleenthede,” sê hy. “Ons het hom Fern genoem omdat die varing op ons sportwapen is. En ná baie dinkery oor dierename wat met n ‘B’ begin op ‘n bulhond besluit.”

LEES OOK: “Jy gaan nooit kwaad vir mekaar slaap nie” — Kallie en Sarie se 75 jaar van liefde

“Ons het hulle geskakel en hulle het onmiddellik ingestem om terug te ploeg in die gemeenskap,” sê Coetzee dankbaar vir die gebaar.

As deel van ‘n gemeenskapsprojek het King Cars aan boord gekom om die projek te finansier.

En net so het die Laerskool Brackenfell ‘n nuwe vriend wat ‘n nuwe hoofstuk in Brackies se ryk geskiedenis inlui.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article